‘n Bloem-prokureur se bedrogsaak is uitgestel
- Armando Pieters

- Jul 17
- 1 min read
‘n Bloemfonteinse prokureur wat glo ‘n familieonderneming uit miljoene bedrieg het, het Donderdag haar eerste verskyning in die stad se se streekhof gemaak. Netwerk24 berig die 47-jarige Elmarie Vosloo se verhoor is tot later vandeesmaand vir onder meer verdere instruksies en ‘n moontlike voorverhoor konferensie uitgestel. Die aanklagte teen Vosloo spruit uit die verkoop en registrasie van eiendomme in Januarie 2016. Sy staan tereg op sewe aanklagte van onder meer bedrog, diefstal, geldwassery en oortredings op die Wet op Prokureurs. Luidens die klagstaat het sy R6 miljoen uit die transaksie ontvang wat in die Vosloo-prokureurs se trustrekening gehou moes word. Vosloo het glo egter van die geld vir haar eie voordeel gebruik.





Comments