‘n Bloemfontein-skool sluit weens veiligheidsoortredings
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
’n Laerskool in Bloemfontein moes sy deure sluit nadat ernstige gesondheids- en veiligheidsoortredings tydens ’n inspeksie aan die lig gekom het.
Die Departement van Indiensneming en Arbeid het die skool se onmiddellike sluiting gelas nadat inspekteurs verskeie gevare tydens ’n ondersoek gevind het.
Dit sluit onder meer onhigiëniese toilette, blootgestelde elektriese bedrading, waterlekkasies naby elektriese toebehore en uiterste temperature in ’n kombuis en mobiele klaskamer in.
Amptenare het ook plaagbeheerprobleme, brandgevare en onvoldoende toiletgeriewe aangemeld.
Die departement sê die Vrystaatse Departement van Onderwys het nie die probleme binne die vereiste tydperk reggestel nie, en dus sal die Matla Primary School gesluit bly totdat aan alle veiligheidsvereistes voldoen word.







Comments