top of page

'n Bloemfonteiner is agter tralies nadat hy sy vriendin vermoor het

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 25, 2025
  • 1 min read

n Man van Bloemfontein is in die hooggeregshof in die stad tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis weens die moord op sy vriendin, wat hy doodgesteek het, en daarna twee dae lank langs haar lyk in die bed gelê het.

Die voorval het op 13 Augustus verlede jaar gebeur, maar die man het dit op 16 Augustus by die Bloemspruit-polisiekantoor aangemeld. Hy het oorspronklik beweer die vrou is dood is nadat sy haarself gesteek het.

Netwerk24 berig die polisie het die toneel besoek en die oorledene roerloos in die bed gevind, en die man dadelik in hegtenis geneem.

Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dan mense naby die paartjie daarvan bewus was dat hulle alkohol misbruik het en gedurig baklei het.

 
 
 

Comments


bottom of page