'n Bloemfonteiner sit agter tralies na sy derduisende rande by haar werk steel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 13
- 1 min read
’n Voormalige werknemer is tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis vir diefstal van R400 000 in Bloemfontein.
Volgens inligting wat deur die Nasionale Vervolgingsgesag gedeel is, het Dimakatso Tshipane die geld in Februarie 2024 gesteel terwyl sy in die kontantkantoor van ’n Shoprite-winkel gewerk het.
Sy het glo tydens haar skof die geld geneem en die werk verlaat voordat haar skof geëindig het.
’n Interne oudit het die verlies bevestig, en die geld kon nie teruggevind word nie.
Tshipane is later in hegtenis geneem en het skuld erken nadat sterk bewyse teen haar voorgelê is.
Die hof het beklemtoon dat misdade waar vertroue geskend word ernstig is en streng gestraf sal word.








Comments