'n Bloemfonteiner sterf toe sy huis brand
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 hours ago
- 1 min read
’n Oudspoorwegwerker van Bloemfontein het Maandag in die vroeë oggendure in ’n huisbrand in die stad gesterf, terwyl sy hond oorleef het.
Netwerk24 berig Pottie Potgieter se liggaam is in sy slaapkamer van sy huis in Fauna aangetref.
Die afdelingshoof van die Mangaung-metro se brand-en-reddingsdiens, Braam van Zyl, sê die brand het in die slaapkamer ontstaan en ’n deel van die dak het ingeval. Hy sê die brandweer het begin om die vuur te blus, terwyl spanne ook ingestuur om te kyk of hulle Potgieter kan vind. Hulle het die hondjie in die vertrek die verste weg van die brand gekry.
Van Zyl sê die die puin van die ineengestorte dak moes eers verwyder word voordat hulle op Potgieter se lyk afgekom het. Van Zyl sê ’n gassilinder het in die kamer ontplof, maar dit is nog nie duidelik of dit die brand veroorsaak het en of dit weens die brand ontplof het nie.
Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê lede van die Parkweg-polisiekantoor was op patrollie toe hulle net voor 02:00 swaar rook sien trek het. Nooddienste en die brandweer is toe ontbied.
Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek ingestel.








Comments