'n Bloemfonteiner wat ‘tereggestel’ is, was 'n Centlec-werknemer
- Ilde Roos

- Oct 2
- 1 min read
'n Man wat onlangs in die vroeë oggendure in ’n motor in die Freedom Square-omgewing in Bloemfontein doodgeskiet is, is geïdentifiseer.
Bloem Express berig Sarel May was 'n senior amptenaar by die kantoor van Centlec, die Mangaung-metro se kragverspreider.
Dis die vyfde moord op ’n amptenaar van die Mangaung-metro sedert 2018.
Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê polisie in Kopanong het met ’n grootskaalse mensejag begin na die drie mans wat May “tereggestel” het. Hy sê die motief is nog onbekend, en die ondersoek duur voort.
Centlec-woordvoerder, Tseliso Leba, sê hulle vertrou dat die wetstoepassingsagentskappe die skuldiges aan die pen sal laat ry.
Rosestad-nuus het vroeër berig die oorledene is geskiet terwyl hy saam met drie verdagtes in ‘n motor gesit het.
Sy liggaam is agter die stuurwiel gevind met skietwonde aan die agterkant van sy kop.






Comments