top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Bloemfonteiner word as Woordmeester bekroon

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 15
1 min read

’n Bloemfonteiner is as een van Akademia se Woordmeesters vir 2026 bekroon.


Volgens inligting wat deur die hoëronderwysinstelling gedeel is, is Morné van Rooyen een van nege finaliste wat Vrydag op dié instelling se Leriba-kampus in Pretoria aan die finaal deelgeneem het.


Meer as 1 000 mense het vanjaar landwyd vir die kompetisie ingeskryf.


Van Rooyen het die publiekkategorie gewen, terwyl Rian Knoesen die skoolleerderskategorie en Ildamarí Botha die studentekategorie gewen het.


Deelnemers se kennis van onder meer idiome, spelling, woordbetekenis en die fyner nuanses van Afrikaans is tydens die finaal getoets.


Voor die eindronde moes deelnemers vir vyf weke taalwenke bestudeer en weeklikse aanlyn taaltoetse aflê.


Morné van Rooyen, Ildamarí Botha en Rian Knoesen. FOTO: Facebook / Akademia
Morné van Rooyen, Ildamarí Botha en Rian Knoesen. FOTO: Facebook / Akademia

 
 
 

Comments


bottom of page