top of page

‘n Bloemfonteinse brandspan help ‘n bosbrand by die Botaniese tuine keer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 3
  • 1 min read

AfriForum se Suide Brandspan het hul deel gedoen om die gemeenskap van Bloemfontein te beskerm toe ’n bosbrand in die Botaniese Tuine opnuut opgevlam het. Luidens ‘n aanlyn plasing het die brand, wat vroeër onder beheer gebring is, weens sterk wind en ’n hoë brandgevaarindeks later weer gevaarlik versprei. Die Mangaung Metro Brandweer het reeds op die toneel gewerk toe AfriForum se brandspan die oproep ontvang het. Tien vrywilligers het onmiddellik gereageer. Die terrein was uitdagend, en die vrywilligers moes te voet, met handgereedskap soos rugsakspuite, rugsakblowers en vuurslaners, die vuur in die koppies aanval. Ná ure se harde werk en noue samewerking met Mangaung Metro Brandweer asook die Botaniese Tuine se eie span, is die brand uiteindelik kort ná Sondag middernag onder beheer gebring.

 
 
 

Comments


bottom of page