top of page

‘n Bloemfonteinse-buurtspan ruim oopgeskeurde vullissakke op

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 4
  • 1 min read

AfriForum se buurt en vullisverwydering-spanne het ‘n gedeelte van Langenhovenpark skoon gemaak nadat kwaadwillige individue glo vullissakke oopskeur en ʼn groot gemors in die strate agtergelaat het. Luidens ‘n artikel aanlyn het die span vinnig gereageer nadat ʼn video van die vuil toneel op ʼn plaaslike WhatsApp-groep versprei is. Daar is besluit om in te spring en te keer dat die woonbuurt soos ʼn vullishoop lyk. Die artikel beweer ook dat die voorval ‘n direkte gevolg van die Mangaung Metro Munisipaliteit se onvermoë om vullisverwydering op skedule te hou, wat daartoe lei dat strate en woonbuurte in ʼn haglike toestand gelaat word.

 
 
 

Comments


bottom of page