‘n Bloemfonteinse dubbelmoord-verdagte bly in aanhouding
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 17
- 1 min read
Updated: Feb 18
’n Dubbelmoordverdagte, 'n 34-jarige man wat teregstaan in verband met die moord op twee vroue in Bloemfontein, bly in aanhouding.
Dit, nadat sy saak in die Bloemfonteinse landdroshof tot 19 Maart vir verdere ondersoek uitgestel is.
Luidens ‘n mediaverklaring is twee vroue in die vroeë oggendure in Namibia Square-gebied aangetref.
Hulle is in die straat naby ’n woonperseel gevind met skietwonde aan die agterkant van hul koppe.
Die ontdekking het gevolg op ’n voorval in die Bloemspruit-gebied waar ’n 35-jarige vrou langs Meadowsweg met veelvuldige skietwonde gevind is.
Die motief vir die moorde word ondersoek.








Comments