‘n Bloemfonteinse musikant kry internasionale erkenning
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 19
- 1 min read
’n Dosent van die Odeion Musiekskool in Bloemfontein het internasionale erkenning ontvang nadat sy as ’n Vandoren-kunstenaar aangewys is.
Volgens ‘n aanlyn artikel van die Universiteit van die Vrystaat is Professor Danré Strydom die eerste in Afrika wat dié erkenning ontvang.
Vandoren se lys van kunstenaars sluit van die wêreld se voorste houtblaasinstrument-musikante en dosente in.
Strydom glo dat die erkenning deels verband hou met die blootstelling wat gegenereer is deur die Klarinet Extravaganza en die Internasionale Houtblaaskompetisie, wat sedert 2022 in Bloemfontein gehou word.
Vandoren is bekend vir die vervaardiging van professionele toerusting vir houtblaasinstrumente, insluitend mondstukke en riete. As 'n Vandoren-kunstenaar sal Strydom toegang tot hierdie hulpbronne hê, wat haar voortgesette werk op die hoogste vlak ondersteun.








Comments