'n Bloemfonteinse pastoor se nieroorplanting was 'n sukses
- Armando Pieters

- Jul 30
- 1 min read
Met 80% nierfunksie voel 'n Bloemfonteinse pastoor nou "soos 'n nuwe sikspens".
So sê Clarence Louw se vrou, Zanette, nadat hul seun, Chris, verlede Donderdag sy nier aan sy pa geskenk het.
Voor die oorplanting het Clarence net 5% nierfunksie gehad.
Netwerk24 berig Chris is reeds Maandag ontslaan, terwyl Clarence nog in die hospitaal is.
Clarence moes daagliks dialise by die huis kry, so die gesin se lewe was tot 'n mate tot stilstand gedwing in die meer as twee jaar wat hulle op die oorplanting gewag het. Die gesin sê hulle sien nou uit om "weer te leef".





Comments