top of page

'n Bloemfonteinse pastoor se seun skenk sy nier aan sy pa

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 24, 2025
  • 1 min read

Donderdag presies 809 dae gelede het 'n Bloemfonteinse pastoor, Clarence Lowe, 'n beroerte gehad, en hy het gehoor dat hy eindstadium-nierversaking het. Donderdag is ook die dag wat hy 'n nieroorplanting gaan ondergaan – met sy oudste seun, Chris, as skenker.

Volksblad berig Chris sal na verwagting Donderdag in die Wits Donald Gordon- mediese sentrum in Johannesburg geopereer word.

Volgens Chris is hy uiteraard senuagtig oor die operasie, maar hy sê dis 'n eer om vir sy pa 'n nier te skenk.

Pa en seun sal na verwagting drie dae in die waakeenheid deurbring voordat hulle na die hoësorgeenheid oorgeplaas sal word. Hulle sal sowat 'n week in die hospitaal wees voordat hulle ontslaan word.

 
 
 

Comments


bottom of page