'n Bloemfonteinse tweeling se Grens-dood word roerend herdenk
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 10
- 1 min read
'n Vrou en haar broerskind het in 'n roerende oomblik kranse gelê ter herinnering van die vrou se identiese tweelingbroers van Bloemfontein wat saam in die Grensoorlog in 1982 oorlede is.
Volksblad berig Piekie Halgryn en haar broerskind Bernard Kruger het op Herinneringsdag kranse namens die familie by die Oorlogsmuseum vir haar broers, Ockert en Pieter Kruger, gelê.
Die Kruger-tweeling is op 20 Januarie 1982 in Angola dood toe ’n militêre voertuig ’n landmyn afgetrap het. Hulle was net 19 jaar oud nadat hulle die vorige jaar aan Grey Kollege gematrikuleer het.
Halgryn sê hulle is saam gebore, en hulle is saam dood. Ná dié voorval het dit militêre beleid geword dat ’n tweeling nie meer in dieselfde voertuig ontplooi mag word nie.
Hul pa, Hendrik, het ná hul dood die hekke van 1 Spesiale Diensbataljon in Tempe met die tweeling se name op geskenk.






Comments