'n Boereoorlog-sjokolade haal dalk duisende by 'n veiling
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 13
- 1 min read
'n Cadburys-sjokoladestafie van 126 jaar wat tydens die Tweede Boereoorlog in 1900 uitgereik is, sal na verwagting honderde pond op ’n veiling haal.
Cadbury en ander sjokoladevervaardigers is deur Koningin Victoria aangestel om duisende blikkies sjokolade vir Britse soldate wat in Suid-Afrika geveg het, te vervaardig.
Die sjokoladestafie, wat van ’n private versamelaar afkomstig is, word deur Lockdales Auctioneers and Valuers in Suffolk opgeveil.
Die BBC berig Lockdales se Chris Elmy sê omdat die sjokolade nog ongeskonde is, is “baie skaars, al is dit nie juis aptytwekkend nie".
Die sjokoladestafie en die gepaardgaande blikkie sal na verwagting vir tussen £200 en £240 verkoop word – dit is ongeveer R4 500 tot R5 500.








Comments