top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Brand rig groot skade aan naby die Bloedrivier-terrein

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 12
1 min read

'n Brand het aansienlike skade aan infrastruktuur naby die woning van die Bloedrivier-erfenisterrein in KwaZulu-Natal se bestuurder aangerig.


Die terrein bied nou ʼn beloning van R20 000 nadat daar vermoed word dat die brand doelbewus gestig is. Dit is aangesien olie glo op verskeie plekke rondom die erf en op die kampeerterrein aangetref is.


Maroela Media berig die finansiële bestuurder by die Bloedrivier-erfenisterrein, Judean Janse van Vuuren, sê die vlamme was dakhoogte buite haar kamervenster.


'n Strafregtelike klag is by die Kingsley-polisiekantoor ingedien.


Die besturende direkteur van die Kultuurtuiste, Danie Langner, sê dat die voorval nie as ʼn aanval op die aangrensende Ncome-museum of die Ncome-gemeenskap beskou word nie. Volgens hom handhaaf die Bloedrivier-erfenisterrein en Ncome goeie verhoudinge en werk die twee erfenisterreine saam. Die Ncome-museum en gemeenskapsleiers in die omgewing is reeds genader om saam te werk om diegene wat vir die brand verantwoordelik is te identifiseer.


ʼn Groot gedeelte van die kampeerterrein het afgebrand, terwyl kragpunte en ander elektriese infrastruktuur beskadig of vernietig is. Boorgatpompe het ook uitgebrand en die donkies se blyplek is beskadig. Die terrein se diere benodig tans dringend kos en verdere versorging.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page