‘n Centlec-werknemer steel glo parte
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 26 minutes ago
- 1 min read
'n Werknemer van Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, is in hegtenis geneem nadat straatligparte ter waarde van meer as R27 000 by sy woning gevind is.
Centlec sê in 'n mediaverklaring die parte is tydens 'n ondersoek saam met die polisie by die werknemer se huis in die Bloemspruit-gebied teruggevind.
Volgens Centlec dui voorlopige bevindings daarop dat die werknemer glo beskadigde straatligparte tydens onderhouds- en vervangingswerk verwyder en in sy besit gehou het.
Daar word ook beweer dat materiaal vir koperkomponente gestroop is vir persoonlike gewin.
Die werknemer is intussen geskors hangende die afhandeling van die ondersoek.
Centlec sê hy volg 'n nulverdraagsaamheidsbenadering teenoor diefstal, korrupsie en die onwettige besit van sy eiendom.








Comments