'n Ceres-verkragter kry vyf keer lewenslank sonder die kans op parool
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 6
- 1 min read
’n Man van Ceres in die Wes-Kaap is tot vyf keer lewenslange gevangenisstraf, plus ’n verdere 78 jaar tronkstraf, gevonnis vir seksuele misdrywe teen minderjarige slagoffers.
Netwerk24 berig die Wes-Kaapse Hooggeregshof het gelas dat die 41-jarige Leano Vergotine geen moontlikheid van parool sal hê nie.
Vergotine is vroeër skuldig bevind op verskeie aanklagte, waaronder die verkragting van drie minderjariges, asook die verfilming daarvan. Bewyse wat op ’n geheuestokkie gevind is het volgens die hof ’n belangrike rol in die skuldigbevinding gespeel.
Die hof het gehoor dat die misdrywe oor ’n tydperk plaasgevind het en dat verskeie jong slagoffers daardeur getraumatiseer is.
Tydens die verrigtinge is daar ook getuig dat Vergotine aan ’n pedofiliese versteuring ly, wat deur deskundiges geëvalueer is.








Comments