‘n Clocolan-boer is een van TLU SA se Jongboer-finaliste
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 16, 2025
- 1 min read
‘n Vrystraatse boer van Clocolan, die 29-jarige Thian Heyns, is as een van die ses finaliste vir vanjaar se Jongboer van die Jaar-kompetisie aangewys. Heyns is die eienaar van ‘n Sussex stoetery, hy het ook ‘n kommersiële beesboerdery en verbou mielies, sojabone, sonneblomme en koring. Landbou.com berig die kompetisie word vanjaar vir die 24ste agtereenvolgende jaar aangebied om jong landbouleiers te vier wat met passie, vernuf en vasberadenheid boer. Beoordelaars besoek tans die finaliste om onder meer na die boere se bestuursvernuf, tegniese kundigheid en finansiele bestuur te kyk. Die drie top-finaliste sal na die besoeke aangewys word, waarna die algehele wenner op 10 September tydens die Transvaal Agricultural Union of South Africa of te wel TLU SA-kongres bekend gemaak sal word.






Comments