'n Ervare bewaarder is dood toe 'n olifant hom deurboor
- Armando Pieters

- Sep 15
- 1 min read
ʼn Gesoute olifantbewaarder is dood nadat een van die olifante in 'n rehabilitasiesentrum hom deurboor het.
Israel Shambira, 'n senior bewaarder by Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development in Limpopo en wie al 23 jaar lank na olifante omsien, het Saterdag by 'n boom gewag wat 'n olifant omgestoot het. Ander bewaarders het hulp gaan ontbied om die gevalle boom te verwyder.
Maroela Media berig die olifant het toe blykbaar oomblikke later onverwags gedraai en Shambira deurboor. Onmiddellike pogings van sy kollegas om Shambira te red, was vergeefs. Niks kon gedoen word om te help nie.
Die sentrum sê in 'n verklaring Shambira was ʼn man van geloof, bekend vir sy daaglikse gebede in die groentetuin en sy onwrikbare toewyding aan die sentrum.
Hy het dikwels aan die einde van elke dag in stilte saam met een van die ouer olifante in die trop gestap, "simbolies van die wysheid en kalmte wat hy na die gemeenskap gebring het”.





Comments