top of page

'n Forensiese verslag het 'n smeerverldtog teen Ramokgopa en Nchabeleng blootgelê

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 12
  • 1 min read

‘n Forensiese verslag het ‘n gekoördineerde aanlyn smeerveldtog blootgelê wat op die ANC se tesourier-generaal Gwen Ramokgopa, die sakeman Groovin Nchabeleng en die Progressive Business Forum gemik is.


Dit kom nadat die verslag hulle van enige oortreding vrygespreek het na weke van bewerings op sosiale media wat bande met die vermeende misdadiger Vusimuzi Cat Matlala suggereer het.


Tayfin Forensiese en Ondersoekende Ouditeure het bevind dat die bewerings heeltemal vals en kwaadwillig was.


Die verslae beskryf hoe vals twiets en gemanipuleerde artikels valslik toegeskryf is aan betroubare mediahuise, insluitend Carte Blanche, Daily Maverick, Newzroom Afrika en News24, om die vals bewerings geloofwaardigheid te gee.


Ter Illustrasie. FOTO: Wix
Ter Illustrasie. FOTO: Wix


Comments


bottom of page