‘n Gebore Bloemfonteiner is as DA-burgemeesterskandidaat aangewys
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 10
- 1 min read
’n Gebore Bloemfonteiner, Werner Pretorius, is as die DA se burgemeesterskandidaat vir die Mangaung Metro Munisipaliteit aangewys.
Die aankondiging is Maandag tydens ’n geselligheid by The Edge-restaurant bo-op Naval Hill gemaak.
Volgens Bloemnuus kom die aanwysing te midde van toenemende druk op die metro wat die afgelope drie dekades deur die ANC regeer word.
Die DA sê Pretorius is gekies omdat hy Bloemfontein verstaan en die kapasiteit het om dienslewering, soos water, elektrisiteit en veiligheid, te verbeter.
Die aankondiging is deur die DA se nasionale woordvoerder, Karabo Khakhau, gemaak.
Pretorius sê hy wil Bloemfontein reg ruk en die stad weer laat werk vir al sy inwoners.







Comments