‘n Geliefde Grey-onderwyseres kry nuwe longe
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 4
- 1 min read
Die Bloemfonteinse onderwyseres wat die afgelope jare aan ‘n suurstofmasjien gekoppel was, het nuwe longe gekry.
Karen du Plessis het Donderdagaand die oproep gekry waarop sy al van Januarie af wag, en sy moes die volgende dag voor 12:00 in Kaapstad wees vir die operasie.
BloemnuusExpress berig Du Plessis was Vrydagoggend reeds op die vliegtuig toe die boodskap deurkom dat die weefsel van die skenker ooreenstem met hare. Net voor die operasie het sy gesê sy bid vir die familie van die skenker.
Volgens Du Plessis se vriendin, Elenor van Heerden, het die operasie goed verloop.
Rosestad-nuus het vroeër berig leerders van Grey Kollege in Bloemfontein, waar sy aan die laerskool verbonde is, het geld ingesamel om hul geliefde juffrou te ondersteun terwyl sy op ’n longoorplanting wag.
Du Plessis leef met ’n seldsame genetiese toestand wat haar longe ernstig beskadig het en vereis dat sy deurlopend suurstof gebruik.








Comments