'n Getroude man mag nou wettiglik sy vrou se van aanneem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 11
- 1 min read
'n Getroude man mag nou wettiglik sy vrou se van aanneem. Dit kom nadat die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes van 1992 as onkonstitusioneel verklaar is, aangesien dit diskrimineer op grond van geslag.
IOL berig die konstitusionele hof in Bloemfontein het vandag dié besluit bekragtig.
Die saak kom nadat twee paartjies kapsie gemaak het. In die een geval was die man verbied om sy vrou se van aan te neem, en in die ander geval mag die man nie sy vrou se van aan syne met 'n koppelteken verbind nie.
Die Bloemfonteinse hooggeregshof het voorheen in hul guns beslis, en Binnelandse Sake moes die rekords regstel en die paartjies se regskoste dek.
Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, en die minister van geregtigheid en konstitusionele ontwikkeling, Mamoloko Kubayi, het nie die aansoek teengestaan nie, so die hof moes konsititusionele regte opweeg teen wetlike en administratiewe praktyke.





Comments