‘n Hoopstad-boer is vanjaar se VL Jongboer van die Jaar
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 9, 2025
- 1 min read
‘n Boer van Hoopstad, die 36-jarige Tienie Prinsloo, is by die Monte Bello-landgoed in Bloemfontein as vanjaar se Vrystaat Landbou (VL) Jongboer van die Jaar aangewys. Netwerk24 berig volgens Prinsloo sou Suid-Afrika elke keer die beker huis toe gebring het as boere om ‘n wêreldbeker meegeding het. Hy voeg by dit is ‘n groot voorreg om as jong boer in Suid-Afrika erken te word aangesien die land unieke uitdagings het wat buitengewone produsente vorm. VL-president, Francois Wilken, is die kompetisie ‘n belangrike geleentheid vir jong boere om mekeaar te ondersteun en idees uit te ruil. Hy sê ook dat hulle meer inskrywings wil hê aangesien dit nie net oor wen gaan nie maar oor groei, netwerk en die toekoms van landbou.






Comments