top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Huiseienaarsvereninging in Bloem is glo uit miljoene bedrieg

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 8, 2025
1 min read

Die geoktrooieerde rekenmeester wat glo ‘n huiseienaarsvereniging in Bloemfontein uit miljoene rande bedrieg het, is finaal in die hooggeregshof gesekwestreer.


Netwerk24 berig die 40-jarige Elrine Jacobs is glo verslaaf aan dobbel, en volgens die uitvoerende hoof van die Hillandale Homeowners association, Willem van Huyssteen, het sy in een dag glo meer as R800 000 uitgedobbel.


Daar word beweer sy het sedert ten minste Februarie vanjaar begin om geld van die Woodlands-bankrekening na twee van haar eie rekeninge oor te plaas.


Volgens Huyssteen kan daar bewys word dat Jacobs glo tussen R20 en R25 miljoen wanbestee het.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash


 
 
 

Comments


bottom of page