top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Jong Bloemfonteinse model verower ‘n nasionale skoonheidstitel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 24
  • 1 min read

’n Graad 2-leerder van Laerskool Fichardtpark in Bloemfontein het ’n nasionale skoonheidstitel verower.


Volgens Bloemnuus is Cate Cilliers as wenner gekroon in die Miss Teen Universe Suid-Afrika se Mini Model of the World-afdeling tydens ’n kompetisie wat in Polokwane gehou is.


Die agtjarige model het in aanloop tot die kompetisie ook liefdadigheidswerk gedoen by plaaslike organisasies, insluitend ’n dierebeskermingsvereniging en ’n kinderhuis.


Haar oorwinning skep nou geleenthede vir internasionale deelname.


Cate is in Desember verlede jaar gekroon as V-Models se junior model van die jaar en ook skoonheidskompetisiewenner van die jaar.


Sy het ook al in verskeie tydskrifte verskyn soos Modern Kid Magazine, Young Model Magazine en die Photography.


Cate Cilliers. FOTO: Bloemnuus
Cate Cilliers. FOTO: Bloemnuus

Comments


bottom of page