‘n Jong Suid-Afrikaner wil geskiedenis maak
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die 18-jarige Kaapstadse swemmer Amber-Rose Berry gaan later vandeesmaand probeer om die jongste Suid-Afrikaner te word wat die Engelse Kanaal swem.
Haar poging is vir tussen 21 en 27 Augustus beplan, afhangend van die weer, getye en seetoestande.
Berry het reeds die rekord as die jongste vrou wat 'n solo-oortog van Valsbaai voltooi het. Sy het sowat 34km van Miller's Point naby Simonstad na Rooiels geswem.
Berry sal dié keer in Dover in Engeland begin en na die Franse kus swem.
Haar poging ondersteun ook die Ukukhula Instituut, wat beurse bied aan benadeelde student-atlete van Oos-Kaapse skole.








Comments