top of page

'n Jong Vrystaatse seun verdrink in 'n rivier

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 5
  • 1 min read

'n Jong seun het in in Qwaqwa in die Oos-Vrystaat verdrink.


'n Gemeenskapsleier in die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit, Sello Moeti, sê die agt-jarige Rapelang Mabote het saam met vriende in die Kgoptjane-rivier gaan swem.


Netwerk24 berig hy het onder die troebel water verdwyn en sy vriende het weggehardloop omdat hulle geglo het ’n "waterslang het hul maatjie ingesluk".


Polisiewoordvoerder, adjudant-offissier Mmako Mophiring, sê die polisie het beklemtoon dat die lewe van elke kind kosbaar is en het gemeenskapslede aangespoor om verantwoordelikheid te neem deur kinders te ontmoedig en te keer om in riviere, damme en ongebruikte steengroewe te swem.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page