top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Kaapse meisie sê sy is nie Joshlin nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 4 days ago
  • 1 min read

'n Nege-jarige dogtertjie en haar gesin word op sosiale media geteister nadat bewerings op veral TikTok en Facebook vlamgevat het dat sy eintlik die vermiste Joshlin Smith is.


Netwerk24 berig Shenikah Jacobs van Elsiesrivier in Kaapstad se lewe is ontwrig nadat ’n video van haar dansopvoering wyd gedeel is. Haar fisieke ooreenkomste met Joshlin – ligte hare, groen oë en ’n ligte vel – het mense oortuig sy is die kind wat in Februarie 2024 uit Saldanha verdwyn het.


Shenikah se ma, Shanan Jacobs, sê sommige mense het selfs gedreig om die kind te kom haal en haar na die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, te neem wat openbare belangstelling in die saak getoon het.


Shanan vertel die speurders het glo na haar huis gekom om DNS-toetse te doen terwyl sy vir Shenika by die skool gaan haal het.


'n Polisiewoordvoerder, kol. Andrè Traut, het bevestig die polisie neem kennis van die inhoud, waarvan ’n groot deel blykbaar gegrond is op onbevestigde bewerings eerder as bevestigde feite.


Shenikah Jacobs en haar ma, Shanan. FOTO: Netwerk24
Shenikah Jacobs en haar ma, Shanan. FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page