‘n Kinderverkragter se aansoek om appèl misluk

Sep 1
1 min read
Man van Parys in die Vrystaat wat vroeër tot lewenslange tronkstraf gevonnis is weens die verkragting van ’n vriendin se minderjarige dogters, se appèlaansoek teen sy vonnis en skuldigbevinding het in die hooggeregshof in Bloemfontein misluk.
Netwerk24 berig Richard Snyders se regspan het sy vonnis as "opvallend onvanpas" beskryf nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting en seksuele aanranding van sy vriendin se kinders, wat toe onderskeidelik ses en 10 jaar oud was.
Die waarnemende regter sê die landdros het Snyders tereg skuldig bevind. Hy het ’n holistiese benadering in sy oorweging van al die getuienis voor hom gevolg en die tersaaklike regsbeginsels korrek toegepas.








Comments