‘n Kleuter is dood by ‘n begrafplaas ontdek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 56 minutes ago
- 1 min read
Die liggaam van ’n vierjarige seun met veelvuldige beserings is by ’n begraafplaas naby Phahameng in Winburg in die Vrystaat ontdek.
Volgens polisiewoordvoerder sersant Palesa Thabana is polisie Vrydag na ’n toneel van ’n moontlike moord ontbied. Lede van die gemeenskap het die kind ontdek.
Rethabile Lefa Jafta is op die toneel dood verklaar en positief deur sy naasbestaandes uitgeken.
Die motief vir die moord is op hierdie stadium onbekend. Die polisie-ondersoek duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie.








Comments