top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Koeëlreën beseer 'n bestuurder in Bfn

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 21
  • 1 min read

'n Taxi-bestuurder is beseer toe onbekende aanvallers op sy minibus-taxi in die Bloemfonteinse middestad geskiet het. 'n Totaal van elf gebruikte patrone van R4 en R5 vuurwapens is gevind, en 29 koeëlgate is in die minibus getel.


In 'n mediaverklaring sê polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, die taxi het van Gauteng af gekom en passassiers by 'n taxi-staanplek in die middestad afgelaai. Met hul vertrek het onbekende aanvallers op die bestuurder en een passassier losgebrand.


Die bestuurder het aanhou ry tot by die Parkweg-polisiestasie, waar hy na 'n hospitaal vir behandeling geneem is.


Die ondersoek duur voort, en 'n saak van poging tot moord is oopgemaak.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page