top of page

'n Liggaam is in die buitewyke van Bfn gevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 15
  • 1 min read

Die liggaam van 'n onbekende man is in 'n oop veld met veelvuldige kopwonde en sambok-hale oor sy lyf in Martindale in Bloemfontein gevind.


In 'n verklaring sê polisiewoordvoerder sersant Sinah Mpakane volgens voorlopige ondersoeke is daar voertuigbandmerke sigbaar, en dit wil voorkom of die liggaam daar afgelaai is.


Die motief vir die moord is nog nie bekend nie, en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page