top of page

‘n Liggaam is naby 'n rivieroewer in die Vrystaat gevind

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 2
  • 1 min read

n Geregtelike doodsondersoek is ná die ontdekking van ‘n liggaam naby die rivieroewer by Tweefontein-plaas in die Mafube-polisiegebied van stapel gestuur.

Die polisie in die Vrystaat het ‘n verslag ontvang van ‘n liggaam wat op 27 Augustus deur ‘n plaaslike skaapwagter in die water gesien is. Die skaapwagter was besig om beeste op te pas toe hy ‘n menslike liggaam naby die rivieroewer onder water opgemerk het en die polisie onmiddellik gekontak het.

Die oorledene is later as ‘n vermiste persoon geïdentifiseer.

‘n Nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van dood bepaal. Alle relevante rolspelers is in kennis gestel, en die ondersoek is tans aan die gang onder ‘n geregtelike doodsondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page