top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Losprys vir die veilige terugkeer van ‘n ontvoerde Bloemfonteinse leerling word geëis

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 10, 2025
1 min read

Verdagtes in die beweerde ontvoering van die 19-jarige Martie du Plessis Skool-leerling, Kamogelo Baukudi, het glo 'n losprys van Kamogelo se ma vir sy veilige terugkeer geëis. FS online berig gevolglik is 'n aanklag van afpersing nou by die saak teen 'n 42-jarige polisiebeampte gevoeg. Hy is vroeër in hegtenis geneem ná die voertuig wat glo in die ontvoering gebruik is, aan hom gekoppel is. Die verdagte het sy eerste verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof gemaak en is steeds in aanhouding. Hy sal na verwagting Vrydag om borgtog aansoek doen.

 
 
 

Comments


bottom of page