’n Luiperd loop los in die Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 18
- 1 min read
’n Luiperd is op vrye voet nadat dit uit ’n grootkatfasiliteit op ’n plaas naby Reddersburg in die Vrystaat ontsnap het.
Volgens die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het die luiperd by Mooifontein plaas deur ’n beskadigde kamp ontsnap nadat erge weer bome omgewaai en die elektriese heining ontwrig het.
Omgewingsbestuursinspekteurs en ’n soekspan is tans op die toneel om die luiperd op te spoor en veilig te vang.
Motoriste en inwoners in die omgewing word versoek om waaksaam te wees en enige waarnemings by owerhede aan te meld.
Geen beserings is tot dusver aangemeld nie.







Comments