top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Man is dood geskiet en sy vrou beseer in Welkom

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

'n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek nadat 'n ’n man noodlottig geskiet is en sy vrou by hul huis in Welkom in die Vrystaat beseer is.


Volgens 'n polisieverklaring het beamptes met hul aankoms by 'n huis in Bedelia 'n man roerloos op die vloer aangetref met verskeie skietwonde aan die kop. Hulle het ook ’n vrou op die rusbank aangetref met ’n skietwond aan haar regterbobeen.


Die man is deur noodmediese dienste op die toneel dood verklaar, en die vrou is na die hospitaal vervoer vir mediese behandeling.


Volgens inligting was die man buite die huis toe sy vrou geweerskote hoor, waarna haar man die huis binnegehardloop het. Na bewering het 'n verdagte die man binne die huis in gevolg en verskeie skote op hom afgevuur. Hy het daarna glo ook op die vrou geskiet voordat hy van die toneel gevlug het.


Die motief is tans onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page