'n Man is vas in Fichardtpark vir dwelmbesit
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 minutes ago
- 1 min read
‘n Man is in Fichardtpark in Bloemfontein in hegtenis geneem vir beweerde besit van dwelms.
Die Vrystaatse polisie sê lede van die honde-eenheid het gereageer op inligting oor dwelms by ‘n woonstel.
Hulle het na bewering 41 pakkies metkatinoon, tien pakkies kristalmetamfetamien en ses mandrax-tablette gekonfiskeer. Die dwelms het ‘n geraamde straatwaarde van byna R20 000.
Die polisie het ook R2 500 rand kontant gekonfiskeer.
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.







Comments