‘Sokker ster’ loop glo Bloem-besighede in
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 19
- 1 min read
’n Man wat homself glo as ’n professionele Premier Sokkerliga-speler voorgedoen het, het glo verskeie ondernemings in Bloemfontein uit geld geswendel.
Volgens ‘n mediaverklaring het die verdagte, wat onder die naam Junior Mahlangu bekend staan, sake-eienaars oortuig dat hy onlangs van Gauteng na Bloemfontein oorgeplaas is om by ’n plaaslike PSL-span aan te sluit.
Met dié storie het hy glo die vertroue van ondernemings, insluitend vulstasies, restaurante en gastehuise, gewen.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê die man het dié vals persona gebruik om finansiële voordeel te trek.
Hy het reeds in die hof op aanklagte van diefstal en bedrog verskyn.
Die saak is tot 23 Februarie vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.
Daar word vermoed dat daar nog slagoffers kan wees en die polisie doen ’n beroep op enigeen met inligting om na vore te kom.







Comments