’n Man praktiseer glo sonder ‘n mediese graad

’n Man wat volgens die Valke nooit sy mediese graad voltooi het nie, het in die hof verskyn nadat hy hom glo met vervalste akademiese dokumente as dokter laat registreer.
Volgens Maroela Media is Reshal Dayanand aangekla van bedrog, vervalsing en oortredings van die Wet op Gesondheidsberoepe en die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies.
Hy is op waarskuwing vrygelaat en moet weer op 19 November in die hof wees.
Dayanand was glo van 2007 tot 2015 ’n mediese student aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, maar het sy graad nie voltooi nie.
Hy kon homself na bewering nietemin as dokter by die Raad vir Gesondheidsberoepe laat registreer en is in 2016 as intern-dokter by Northdale-hospitaal in Pietermaritzburg aangestel.









Comments