top of page

‘n Man val glo ‘n boer by sy plaashek aan

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 10
  • 1 min read

‘n Man van Hartswater in die Noord-Kaap het vlugtig in die landdroshof verskyn, naday hy weens poging tot moord op ‘n boer in hegtenis geneem is.

Netwerk24 berig die 30-jarige Jannie Blom het glo die 47-jarige Hennie Becker, ten aanskoue van sy vrou, by sy plaashek oorrompel en ernstig aangerand. 


Hennie se vrou, Corlien, het onmiddelike hulp ontbied en hy is in die hospitaal opgeneem waar hy in die hoësorgeenheid vir sy beserings behandel moes word.


Volgens Hennie se broer gaan dit onder die omstandighede goed met hom maar sy regspan het hom aangeraai om nie in die stadium met die media oor die voorval te praat nie.


Die saak is tot 7 November uitgestel.


Jannie Blom. FOTO: Netwerk24
Jannie Blom. FOTO: Netwerk24


Comments


bottom of page