’n Memorandum oor landboupaaie word in Bfn onderteken
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 23
- 1 min read
Met die fokus op die versterking van Suid-Afrika se voedselsekerheid, is ‘n memorandum van samewerking oor die opgradering en instandhouding van belangrike landboupaaie in Bloemfontein onderteken.
Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean McPherson, sê die herstel van paaie wat deur boere gebruik word is noodsaaklik om landbouproduksie te ondersteun en die vloei van voedsel te beskerm.
Hy sê boere voed nie net die land nie, maar skep ook werksgeleenthede vir duisende mense, en moet daarom ondersteun word.
Volgens McPherson sal die inisiatief help om logistieke koste vir boere te verlaag en uiteindelik bydra tot meer bekostigbare voedsel vir Suid-Afrikaners.
Dit veral in die Vrystaat wat as die land se broodmandjie beskou word.








Comments