‘n Minister sê die hersiening van die Witskrif oor Plaaslike Regering is ’n rewolusionêre stap
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 8 hours ago
- 1 min read
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, beskryf die hersiening van die Witskrif oor Plaaslike Regering as ’n rewolusionêre stap vir munisipaliteite.
Hlabisa sê die dokument het uitgebreide insette van akademici, arbeid en die burgerlike samelewing ontvang.
Die minister sê die hersiene Witskrif sal later vandeesmaand aan die kabinet voorgelê word en op 15 September bekendgestel word, sodra dit goedgekeur is.
LUISTER HIER:
Velenkosini Hlabisa








Comments