top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Moontlik vervalste handtekening lei tot verdere ondersoek

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 13
1 min read

'n Moontlik vervalste handtekening het in 'n ondersoek na die aanstelling van die voormalige uitvoerende hoof van die Film- en Publikasieraad, Mashilo Boloka, opgeduik.


Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het dit in antwoord op parlementêre vrae van die DA onthul.


Volgens die ondersoek was Boloka se aanstelling wettig en is geen bewyse van onbehoorlike eksterne invloed gevind nie. Malatsi sê die moontlik vervalste handtekening regverdig egter verdere ondersoek.


Boloka se diens is verlede jaar beëindig nadat hy in 2024 op voorsorgskorsing geplaas is hangende 'n ondersoek na bewerings teen hom.


Ter illustrasie. FOTO: Signature
Ter illustrasie. FOTO: Signature

 
 
 

Comments


bottom of page