‘n Nasionale indaba plaas die kollig op groeiende brandrisiko’s
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 25
- 1 min read
Die twee-dae lange Nasionale Branddienste-indaba wat eersdaags in Bloemfontein gehou word, plaas die kollig op Suid-Afrika se groeiende brandrisiko’s en die versterking van brandbeskerming landwyd.
Volgens die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sal verskeie rolspelers uit die regering, branddienste, georganiseerde plaaslike regering asook tradisionele leierskap, akademie en die private sektor aan die gesprek deelneem.
Dié indaba vind plaas teen die agtergrond van toenemende brandgevare wat onder meer deur verstedeliking, die uitbreiding van informele nedersettings, klimaatsveranderlikheid en ongelyke munisipale kapasiteit aangevuur word.








Comments