top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Nuwe brug in Lesotho is amptelik geopen

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 24
  • 1 min read

Die Senqu-brug in Lesotho, wat deel vorm van die Lesotho-Hoogland-waterprojek, is amptelik deur president Cyril Ramaphosa en koning Letsie III vir motoriste geopen.


Die opening van die brug van sowat R2,4 miljard is ’n mylpaal vir een van Afrika se mees ambisieuse infrastruktuurprojekte. Netwerk24 berig volgens die departement van water en sanitasie sal die brug as ’n “nalatenskap-infrastruktuurbate” dien wat deurlopende toegang tot gebiede soos Mokhotlong en omliggende gemeenskappe verseker, selfs wanneer bestaande roetes deur die nuwe dam oorstroom word.


Die Senqu-brug verbind ook met die A1-roete, wat Mokhotlong met Maseru verbind, en sal reis vir gemeenskappe en besoekers vergemaklik.


Met ’n lengte van sowat 825 m en ’n hoogte van ongeveer 90 m is dit die grootste van drie brûe wat gebou word om toegang oor die toekomstige Polihali-dam te verseker wanneer die watervlak styg ná die voltooiing van die dam.


In sy toespraak het Ramaphosa die brug as ’n bewys van die diepe bande tussen Suid-Afrika en Lesotho beskryf.


Koning Letsie III en president Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
Koning Letsie III en president Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page