top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Nuwe naam is ook vir Lady Grey voorgestel

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13
1 min read

Die Oos-Kaapse Provinsiale Geografiese Namekomitee het bevestig dat hy sal voortgaan met die hernoeming van verskeie dorpe in die provinsie, onder andere die geskiedkundige Lady Grey. Die voorgestelde naam is Inkosi Makhobeni.


Business Tech berig Lady Grey is gevestig op ’n plaas wat in 1857 deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk gekoop is om ’n nuwe gemeente te stig. Die dorp is ’n jaar later, in 1858, gestig. Dit is vernoem ter ere van Eliza Lucy Grey, die vrou van sir George Grey, wat van 1854 tot 1859 die goewerneur van die Kaapkolonie was.


Dit is op amper 170 jaar een van die oudste nedersettings in die land. Dit is ook die tuiste van die Lady Grey Arts Academy, ’n gespesialiseerde skool waar jong mense in die visuele en uitvoerende kunste ontwikkel word.


Terwyl die naamsveranderinge voortgaan, is die Departement van Sport, Kuns en Kultuur besig om die land se wette oor naamsveranderinge te wysig om die proses te verduidelik.


Die komende veranderinge sal ook ’n duideliker prosedure daarstel om naamsveranderinge te betwis voordat sake na die land se howe geneem word.


Ldy Grey. FOTO: Business Tech
Ldy Grey. FOTO: Business Tech

 
 
 

Comments


bottom of page