‘n Nuwe portaal help SAʼners om hul burgerskap terug te kry
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 26
- 1 min read
Die Departement van Binnelandse Sake het ʼn toegewyde aanlyn portaal bekend gestel vir Suid-Afrikaners om hul burgerskapstatus te bevestig.
Dit is veral vir diegene wat in die buiteland woon.
Ook help die portal om burgerskapstatus terug te kry indien hulle dit verloor het.
Dit kom, volgens Maroela Media, nadat die Konstitusionwele Hof in Mei vanjaar bevestig het dat Suid-Afrikaners wat hul burgerskap weens die verkryging van burgerskap in ʼn ander land verloor het, hul Suid-Afrikaanse burgerskap moet terugkry.
Luidens die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, gebruik dié portaal gesigsherkenning en masjienleer om mense se identiteit te verifieer en hul rekord op die bevolkingsregister veilig reg te stel.
Dit alles vanuit die gemak van hul eie huis, enige plek in die wêreld.






Comments