top of page

'n Nuwe wetsontwerp kan Eskom se finansiële vereistes verminder

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 31, 2025
  • 1 min read

'n Nuwe wetsontwerp kan Eskom se finansiële vereistes vir die 2025-’26-boekjaar verminder.

Dit kom nadat die wetsontwerp op die kragvoorsiener se skuldverligting by die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur is.

Dié wetsontwerp wysig die wet van 2023 deurdat die hele bedrag vir daardie jaar as ʼn lening hanteer word, wat in aandele omgeskakel kan word nadat sekere voorwaardes nagekom is. Dit vorm deel van voortdurende ingrypings om bestendigheid by die kragvoorsiener, wat al jare deur bedryfsuitdagings en ʼn finansiële krisis in die gesig gestaar word, te bewerkstellig.

Maroela Media berig met die aanvaarding van die wetsontwerp kan Eskom sy balansstaat dus laat balanseer en meer geld daaraan bestee om sy vermoë om elektrisiteit te voorsien te verbeter.

President Cyril Ramaphosa moet egter nog die wetsontwerp onderteken.

 
 
 

Comments


bottom of page